NGC 17 is ’n spiraalsterrestelsel in die sterrebeeld Walvis. Dit het ontstaan uit die samesmelting van twee staafstelsels, wat ’n onlangse steruitbarsting in die sentrale dele laat ontstaan het. Stervorming vind steeds plaas. Die sterrestelsel is steeds gasryk en het ’n enkele kern. Dit is sowat 250 miljoen ligjare van die Aarde af.
Die stelsel is in 1886 deur die sterrekundige Frank Muller ontdek en op 21 November 1886 deur Lewis Swift waargeneem. Omdat nie besef is dit is dieselfde voorwerp nie, het dit twee inskrywings in die New General Catalogue gekry: NGC 17 en NGC 34.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
0017
Kategorie:Spiraalsterrestelsels Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels Kategorie:Walvis (sterrebeeld)