Die Satyagraha Huis, algemeen bekend as die Gandhi Huis, is 'n museum en gastehuis in Johannesburg. Die huis, waar hy tussen 1908 en 1909 gewoon het, het aan Mahatma Gandhi behoort. Dit word beskou as deel van Johannesburg se kultuurhistoriese erfenis. Satyagraha beteken "volhouding by die waarheid". Die huis is deur argitek Hermann Kallenbach vir homself en Gandhi ontwerp.
Geskiedenis duimnael|links|upright|Gandhi, Sonia Schlesin (Gandhi se sekretaris), Hermann Kallenbach duimnael|links|upright|Plate Gandhi het 21 jaar in Suid-Afrika gewoon – van 1893 tot 1914, en het daartydens Indië en Groot-Brittanje besoek. Gandhi het volgens seker bronne die eerste keer bewus geword van rasse-diskriminasie in Suid-Afrika toe hy by Pietermaritzburg se spoorwegstasie gearresteer is omdat hy in 'n treinwa gery het wat vir blankes gereserveer was. Gandhi History in South Africa, besoek op 18 Junie 2013
In 1904 het Gandhi Hermann Kallenbach, 'n Duitse Joodse argitek, ontmoet, wat in 1896 in die land aangekom het. In 1907 het Kallenbach 'n huis ontwerp, op twee plaaslike rondawels gebaseer, "Hermann Kallenbach" , Artefacts.co.za, besoek op 18 Junie 2013 maar gebou volgens Europese boumetodes. Dit word die Kraal genoem.
Die huis het stalle en 'n tennisbaan gehad, maar Gandhi en Kallenbach het 'n lewe van meditasie en onthouding gelei. Gandhi het in 'n solderkamer gebly, wat hy met 'n leer bereik het, maar hy en Kallenbach het 'n kombuis gedeel en hulle gaste in die woonkamer onthaal. Die huise het nie deure tussen hulle gehad nie, sodat dit nodig was om een huis te verlaat om die ander binne te gaan. Kallenbach se lewe is ingrypend verander deur die tyd wat hulle saam deurgebring het, en hy het sy persoonlike uitgawes gesny tot 'n tiende van wat dit was. "Who was Hermann Kallenbach", DNA India. Nadat hulle die huis in 1909 verlaat het, het dit verskeie eienaars gehad voordat dit in 2009 deur die Franse reismaatskappy Voyageurs du Monde bekom is, ten spyte van die feit dat die Indiese regering dit wou koop om dit as 'n Indiese nasionale monument te bedryf. Die Franse maatskappy het dit gerestoureer, en dit in 2011 as 'n gastehuis aan die publiek oopgestel.
Die museum word deur Lauren Segal bedryf; sy bestuur ook ander museums, insluitende die Apartheidsmuseum. Musum, satyagrahahouse.com, besoek op 18 Junie 2013
Verwysings
Eksterne skakels
Die Satyagraha Huis se amptelike webwerf
Kategorie:Geboue en strukture in Johannesburg Kategorie:Museums in Suid-Afrika