Die piepende tinktinkie (Cisticola pipiens) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël in rietplate en papirusmoerasse. Die voël is 14 cm groot en weeg slegs 13 gram. Die voël kom voor in die Caprivistrook en noordweste van Botswana; die voorkoms area stem baie ooreen met dié van die Luapulatinktinkie. In Engels staan die voël bekend as die chirping cisticola.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Tinktinkies en verwante spesies