Ramotswa is 'n dorpie in die Suidoosdistrik van Botswana, suidwes van die hoofstad Gaborone. Dit beskik ook oor 'n grenspos met Suid-Afrika, bekend as Swartkopfontein aan die Suid-Afrikaanse kant.

Die bevolking tel 27 760 tydens die 2011-sensus. Dit is die hoofsetel van die BaLete stam, 'n etniese minderheid wat uit die Nguni-stam onstaan het.

Die belangrikste nywerheid in Ramotswa is 'n koringmeule. Die dorp se inwoners vervaardig ook metaalprodukte.

duimnael|links|400px|'n Satellietfoto van Ramotswa en omgewing. duimnael|Die grondpaaie naby Ramotswa

Verwysings

Kategorie:Nedersettings in Botswana