duimnael|regs|200px|Die opposisieleier Stéphane Dion
Die 40ste Kanadese federale verkiesing (Engels: 40th Canadian General Election, Frans: 40e élection fédérale canadienne) is op 14 Oktober 2008 gehou. Altesaam 308 afgevaardigdes is tot die laerhuis van die Kanadese parlement (Engels: House of Commons, Frans: Chambre des Communes) verkies.
Agtergrond By die federale verkiesing van 2006 het die Konserwatiewe Party van Kanada met 36,27 persent van die uitgebragte stemme die grootste party in die laerhuis geword sodat sy voorsitter Stephen Harper 'n minderheidsregering kon vorm. Sedertdien het sewe parlementslede na ander party oorgeloop: Drie afgevaardigdes van die Liberale Party het by die Konserwatiewes aangesluit, een Konserwatiewe parlementslid het na die Liberale Party oorgeloop, een afgevaardigde elk van die Bloc Québécois en die Konserwatiewe Party het hulself tot onafhanklikes verklaar, terwyl die Groen Party van Kanada sy eerste setel in die federale parlement verkry het nadat 'n Liberale parlementslid by hierdie party aangesluit het.
In Augustus 2008 het die opposisiepartye gedreig om 'n mosie van vertroue by die parlement in te dien en steeds geweier om hul steun aan wetsontwerpe van die Konserwatiewe Party te verleen.Regeringsleier oorweeg vroeë verkiesing , Focus (Duitsland), 27 Augustus 2008 Die eerste minister Stephen Harper het op 7 September 'n vroeë verkiesing afgekondig en die goewerneur-generaal van Kanada, mev. Michaëlle Jean, gevra om die parlement te ontbind..Stephen Harper maak 'n einde aan geskil in Kanadese parlement, Tages-Anzeiger (Switserland), 7 September 2008
Toe die laerhuis ontbind is, was vier setels vakant. Die byverkiesings, wat in September 2008 uitgeskryf sou word, is gekanselleer.Four byelections ended after general vote called , CTV (Kanada), 7 September 2008 Sonder die vroeë ontbinding van die parlement sou die byverkiesings tot 19 Oktober 2009 gehou moes word.
Verkiesingsuitslae Voorlopige finale verkiesingsuitslaeCanada votes, Canadian Broadcasting Corporation (CBC), 15 Oktober 2008
Party Partyvoorsitter Kandi-date Setels in 2006 (tydens ontbinding) Setels in 2008 +/- Stemme Aandeel % +/- Konserwatiewe Party van Kanada Stephen Harper 307 124 (127) 143 +17 5 205 334 37,64 +1,37 Liberale Party van Kanada Stéphane Dion 307 103 (95) 76 -27 3 629 990 26,23 -4,00 Bloc Québécois Gilles Duceppe 75 51 (48) 50 -1 1 379 565 9,98 -0,50 Nuwe Demokratiese Party Jack Layton 308 29 (30) 37 +8 2 517 075 18,19 +0,79 Groen Party Elizabeth May 303 0 (1) 0 - 970 747 6,95 +2,47 Onafhanklikes - 71 1 (3) 2 +1 89 524 0,65 -
Verkiesingsuitslae volgens provinsies en administratiewe gebiede
Party BC AB SK MB ON QC NB NS PE NL NU NT YT Totaal Konserwatiewe Party Setels: 22 27 13 9 51 10 6 3 1 - 1 - - 143 Aandeel in %: 44,4 64,6 53,7 48,8 39,2 21,7 39,4 26,1 36,2 16,5 34,8 37,6 32,8 37,6 Liberale Party Setels: 5 - 1 1 38 13 3 5 3 6 - - 1 76 Aandeel in %: 19,3 11,4 14,9 19,1 33,8 23,7 32,4 29,8 47,7 46,6 29,2 13,6 45,3 26,2 Bloc Québécois Setels: 50 50 Aandeel in %: 38,1 10,0 Nuwe Demokratiese Party Setels: 9 1 - 4 17 1 1 2 - 1 - 1 - 37 Aandeel in %: 26,1 12,7 25,6 24,0 18,2 12,2 21,9 28,9 9,8 33,9 27,6 41,5 9,0 18,2 Onafhanklikes Setels: 1 1 2 Aandeel in %: 0,9 6,6 0,7
Verwysings
Eksterne skakels Elections Canada Webwerf van die Eerste Minister Kanadese Parlement Meningspeilings op die Engelse Wikipedia
Kategorie:Politiek van Kanada