duimnael|Hoofpawiljoen, Stadion an der Meldorfer Straße, Heide

Heider SV is 'n sokkerklub uit Heide in die deelstaat Sleeswyk-Holstein in Duitsland.

Die klub is op 14 Oktober 1925 gestig deur ontevrede spelers van die reserwespan van VfL 05 Heide (vandag Heider FC). Die reserwes het geglo dat hulle die beter span was en die eerstespan uitgedaag vir 'n wedstryd. Ondanks die feit dat hulle toe gewen het, is geen veranderinge aan die span gemaak nie en die ontevredenes het hierna hulle eie klub gestig.

Die span staan bekend as Kleinen HSV (klein Hamburger SV). Die bynaam is verwerf toe die klub (komende van 'n klein dorpie) op die hoogste vlak meegeding het in die Oberliga Noord in die 1956/57- en 1960/61-seisoene teen groot spanne soos Hamburger SV, Hannover 96, SV Werder Bremen en FC St. Pauli. Die hoogtepunt van die 1956/57-seisoen was 'n oorwinning van 2-0 oor Hamburger SV voor 'n skare van 12 000, vandag steeds die grootste tuisskare wat die klub nog ooit getrek het.

Na die stigting van die Bundesliga in 1963 kon die span daarin slaag om vir 5 seisoene op die tweede vlak in die Regionalliga mee te ding, maar sedert 1974 kon die klub nog nooit weer hierdie hoogtes bereik nie.

Een van die span se grootste prestasies was om 'n speler vir die nasionale span te kon lewer (Willi Gerdau, wat in een wedstryd in 1957 vir die Duitse Bondsrepubliek sy verskyning gemaak het). Hy is tot vandag die enigste speler sedert 1931 uit Sleeswyk-Holstein wat nasionale kleure kon verwerf.

Onlangse ligaposisionering 1963-64 (III) Amateurliga S-H 3de 1964-65 (III) Amateurliga S-H 2de 1965-66 (III) Amateurliga S-H 9de 1966-67 (III) Amateurliga S-H 8ste 1967-68 (III) Amateurliga S-H 2de 1968-69 (II) Regionalliga Noord 16de 1969-70 (III) Amateurliga S-H 2de 1970-71 (II) Regionalliga Noord 16de 1971-72 (II) Regionalliga Noord 9de 1972-73 (II) Regionalliga Noord 13de 1973-74 (II) Regionalliga Noord 15de 1974-75 (III) Am.Oberliga Noord 16de 1975-76 (IV) Landesliga S-H 9de 1976-77 (IV) Landesliga S-H 12de 1977-78 (IV) Landesliga S-H 9de 1978-79 (IV) Verbandsliga S-H 3de 1979-80 (IV) Verbandsliga S-H 5de 1980-81 (IV) Verbandsliga S-H 2de 1981-82 (IV) Verbandsliga S-H 6de 1982-83 (IV) Verbandsliga S-H 1st 1983-84 (IV) Verbandsliga S-H 8ste 1984-85 (IV) Verbandsliga S-H 13de 1985-86 (IV) Verbandsliga S-H 2de 1986-87 (IV) Verbandsliga S-H 9de 1987-88 (IV) Verbandsliga S-H 7de 1988-89 (IV) Verbandsliga S-H 6de 1989-90 (IV) Verbandsliga S-H 9de 1990-91 (IV) Verbandsliga S-H 6de 1991-92 (IV) Verbandsliga S-H 7de 1992-93 (IV) Verbandsliga S-H 2de 1993-94 (IV) Verbandsliga S-H 2de 1994-95 (IV) Oberliga Hamburg-SH 4de 1995-96 (IV) Oberliga Hamburg-SH 3de 1996-97 (IV) Oberliga Hamburg-SH 2de 1997-98 (IV) Oberliga Hamburg-SH 9de 1998-99 (IV) Oberliga Hamburg-SH 11de 1999-00 (IV) Oberliga Hamburg-SH 12de 2000-01 (IV) Oberliga Hamburg-SH 13de 2001-02 (IV) Oberliga Hamburg-SH 11de 2002-03 (IV) Oberliga Hamburg-SH 13de 2003-04 (IV) Oberliga Hamburg-SH 18de 2004-05 (V) Verbandsliga S-H 10de 2005-06 (V) Verbandsliga S-H 8ste 2006-07 (V) Verbandsliga S-H 12de 2007-08 (V) Verbandsliga S-H 5de 2008-09 (V) Oberliga S-H

Verwysings Grüne, Hardy (2001). Vereinslexikon. Kassel: AGON Sportverlag

Eksterne skakels The Abseits Guide to German Soccer Amptelike klubwerf

Oberliga Sleeswyk-Holstein 2008/09-seisoen TSV Altenholz – FT Eider Büdelsdorf – Eckernförder SV – Flensburg 08 – Heider SV – Heikendorfer SV – SV Henstedt-Rhen – VfR Horst – Husumer SV – Itzehoer SV 09 – SC Comet Kiel – Holstein Kiel II – FC Kilia Kiel – TSV Kropp – VfB Lübeck II – VfR Neumünster – 1. SV Sleeswyk 06 – NTSV Strand 08

Heide