Aspalathus araneosa is 'n klein tot medium struik wat hoort tot die familie Fabaceae. Die spesie is endemies aan die Wes-Kaap en vorm deel van die fynbos en renosterveld-plantegroei. Dit kom in die Kaapse Skiereiland tot by Malmesbury voor, dit het 'n voorkomsgebied van 3700 km² en daar is net tien van die oorspronklike 35 subpopulasies oor. Die plant het habitat verloor aan die aanplant van sitrusboorde, wingerde en graan. Die bestaande subpopulasies word bedreig deur gewasverbouing en indringerplante.

Bronnelys SANBI Redlist Plants of the World Online

araneosa Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika