Old Dog, New Tricks (Spaans: Animal) is 'n Spaanse minireeks van 2025 vir televisie wat deur Víctor García León geskep is. Hy was ook die mederegisseur. Die hoofkarakters is Luis Zahera en Lucía Caraballo.
Rolverdeling Luis Zahera as Antón Lucía Caraballo as Uxía Carmen Ruiz as Sabela Antonio Durán "Morris" as Vicente
Storielyn Die verhaal gaan oor die growwe plattelandse veearts Antón van die fiktiewe dorp Topomorto wat sy kliënte verloor en teen sy sin by 'n diereboetiek werk kry wat deur sy niggie Uxía bestuur word.
Uitreiking en benoemings Die reeks is op 3 Oktober 2025 deur Netflix uitgereik. Dit is vir verskeie Spaanse televisiepryse benoem, soos die Forquéprys vir beste reeks en vir beste akteur (Zahera) en die Feroxprys vir beste komedie en vir beste akteur.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Spaanse rolprente