duimnael Clara Petacci, bekend as Claretta Petacci (Italiaanse: [klaˈretta peˈtattʃi]; 28 Februarie 1912 - 28 April 1945), was 'n minnares van die Italiaanse diktator Benito Mussolini, en is saam met hom tereggestel deur partisane.

Familie Clara Petacci se vader was Dr. Francesco Petacci, primêre geneesheer van Pous Pius XI. Haar suster was aktrise Miriam di San Servolo (31 Mei 1923 – 24 Mei 1991), ook bekend as Miriam Petacci of Miriam Day. Petacci se broer, Marcello Petacci, is saam met Mussolini en Petacci gevange geneem. Eerder as om in Dongo terreggestel te word, is hy geskiet terwyl hy probeer ontsnap het.

Verhouding met Mussolini Petacci het 'n jarelange verhouding met Mussolini gehad terwyl hy getroud was Rachele Mussolini. Petacci was 28 jaar jonger as Mussolini. Giuseppina Persichetti, La enamorada de Mussolini, Madrid, Ediciones Caballero Audaz, 1947.

'n Deel van hul korrespondensie is nog steeds die onderwerp van 'n dispuut met die Nasionale Argief, gebaseer op privaatheid. Giampiero Buonomo, , in Diritto e giustizia, 16 luglio 2005.

Dood duimnael|Die lyke van Bombacci, Mussolini, Clara Petacci, Pavolini and Starace in Piazzale Loreto, 1945 Op 27 April 1945 is Mussolini en Petacci gevange geneem deur partisane terwyl hulle reis in 'n konvooi van Italiaanse Sosiale Republiek lede.Gunther Langes, Auf Wiedersehen Claretta. Il diario dell'uomo che poteva salvare Mussolini e la Petacci, a cura di Nico Pirozzi, Villaricca, Edizioni Cento Autori, 2012. .

Op 28 April is sy en Mussolini geneem na Mezzegra en geskiet. Die volgende dag is die lyke van Mussolini en Petacci na die Piazzale Loreto in Milaan gebring en onderstebo gehang voor 'n vulstasie. Die lyke is gefotografeer terwyl 'n skare hul woede teenoor hulle toon.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Geboortes in 1912 Kategorie:Sterftes in 1945 Kategorie:Tereggestelde mense