Willem I, Prins van Oranje (24 April 1533 – 10 Julie 1584), ook bekend as Willem die Swyger of Willem die Stillevertaal uit die Nederlandse "Willem de Zwijger"William The Taciturn L. Abelous, vertaal deur J.P. Lacroix, Nelson&Phillips, New York, 1872. In die Library of Congress onder die onderwerp "William I, Prince of Orange (1534–1584) gekatalogiseerJohn Whitehead Historian, Oxford, Oriel College, weblog-bladsy omtrent Willem I Once I was a clever boy of meer algemeen bekend as Willem van Oranje, was die hoofleier van die Nederlandse Opstand teen die Spaanse Habsburgs, wat die oorsaak was van die Tagtigjarige Oorlog (1568–1648) en gelei het tot die formele onafhanklikheid van die Verenigde Provinsies in 1581. Hy is gebore uit die Huis van Nassau as Hertog van Nassau-Dillenburg. Hy het in 1544 die Prins van Oranje geword en is daardeur die stamvader van die Huis van Oranje-Nassau en die voorganger van die monargie van die Nederlande. Hy is binne Nederland ook bekend as 'Vader van die Vaderland'.
Willem was 'n vermoënde edelman en het oorspronklik die Habsburgs gedien as lid van die hof van Margaret van Parma, goewerneur van die Spaanse Nederlande. Hy was ongelukkig met die sentralisasie van politieke mag weg van die plaaslike klasse, asook met die Spaanse vervolging en onderdrukking van Nederlandse Protestante. Hy het derhalwe by die Nederlandse opstand aangesluit en teen sy voormalige meesters gedraai. Hy was die mees invloedryk en polities bedrewe van die rebelle en het die Nederlanders tot verskeie suksesse gevoer tydens die oorlog teen die Spanjaarde. Hy is in 1580 deur die Spaanse koning voëlvry verklaar en is in 1584 deur Balthasar Gérard (ook "Gerardts" gespel) in Delft vermoor.
Verwysings
Eksterne skakels
Die Opstand van die Nederlande Die Huis van Oranje-Nassau en die Nederlandse geskiedenis Willem van Oranje. Nederlandse-geskiedenis webblad Die Volledige Korrespondensie van Willem I van Oranje. Digitale argief by die Huygens Instituut vir Nederlandse Geskiedenis.
Kategorie:Geboortes in 1533 Kategorie:Sterftes in 1584 Kategorie:Nederlandse stadhouers