Die Boulton Paul Balliol en die maritieme weergawe Sea Balliol is enkelvlerk militêre opleidingsvliegtuie wat ontwikkel is vir die Britse Lugmag en Britse Vloot deur Boulton Paul Aircraft. Die vliegtuig is ontwikkel in die laat 1940's en is ontwikkel om die Harvard te vervang. Dit gebruik 'n Rolls-Royce Merlin enjin. Die Sea Balliol is ontwikkel vir landing op vliegdekskepe.
Die P.108 Balliol T.Mk 1 is 'n variant wat ontwikkel is waarvan drie prototipes gebou is. Hulle is aangedryf deur 'n Armstrong Siddeley Mamba turboskroef enjin.
Eksterne skakels
Kategorie:Militêre vliegtuie Kategorie:Turboskroef-aangedrewe vliegtuie