Capparis tomentosa, die wollerige kapperbosPooley, E. (1993). The Complete Field Guide to Trees of Natal, Zululand and Transkei. . of Afrikakappertjie, is 'n struik of klein boompie in die Capparaceae-familie en inheems aan Afrika en die Arabiese Skiereiland.
Verspreiding Die plant word in bosveld en woude aangetref, vanaf die Oos-Kaap van Suid-Afrika, deur KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Limpopoprovinsie noordwaarts tot in tropiese Afrika. Die boom is inheems in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Burundi, Demokratiese Republiek die Kongo, Eritrea, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Golf van Guinee-eilande, Ivoorkus, Jemen, Kameroen, Kenia, Malawi, Mali, Mauritanië, Mauritius, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Rwanda, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Saoedi-Arabië, Senegal, Soedan, Somalië, Tanzanië, Tsjad, Uganda, Zambië en Zimbabwe. Hierdie spesie word ook op die Maskareense Eilande aangetref.
Beskrywing links|duimnael|180px|Nabyskoot van die stekels van C. tomentosa links|duimnael|180px|Takkie en ryp vrugte
Groeivorm Meestal 'n robuuste houtagtige klimmer;Hyde, M.A. & Wursten, B. (2010). Flora of Zimbabwe: Species information: Capparis tomentosa. http://www.zimbabweflora.co.zw/speciesdata/species.php?species_id=124460, verkry 6 Augustus 2010 wat in rivierplantegroei tot bo-op die blaredak kan groei.Dit kan ook 'n sukkelende struik of klein boompie wees.
Stam Die stam het skerp, gepaarde, gehakte stekels.Hyde, M.A. & Wursten, B. (2010). Flora of Zimbabwe: Species information: Capparis tomentosa. http://www.zimbabweflora.co.zw/speciesdata/species.php?species_id=124460, verkry 6 Augustus 2010 Jong stingels en stekels is bedek met digte fluweelagtige geel hare.
Blare Die blare vorm tussen die stekels en is afwisselend, langwerpig tot breed ellipties,Hyde, M.A. & Wursten, B. (2010). Flora of Zimbabwe: Species information: Capparis tomentosa. http://www.zimbabweflora.co.zw/speciesdata/species.php?species_id=124460, verkry 6 Augustus 2010 grys-olyfgroen, bedek met fluweelhare (ondergerol). Die blaarsteel is 4–12 mm lank en fluweelsag.
Blomme regs|duimnael|Ryp vrugte Die blomme vorm in trosse; terminaal op die primêre takke of op kort blaaragtige sytakke of soms verspreid in die boonste blaaroksels. Hulle is groot (35 mm) en geurig, met 'n massa pienk-wit meeldrade wat elk 20–35 is mm in lengte en kan 'n bloedrooi kleur aan die basis wees. Die kelkblare is bootvormig en 8–10 mm lank. Die blomblare is witterig; 15–25 mm lank en 7–10 mm breed.JSTOR Plant Science: Capparis tomentosa Lam.http://plants.jstor.org/taxon/Capparis.tomentosa, verkry 6 Augustus 2010.
Vrugte Die vrugte hang van 'n lang (25–50 mm) stingelagtige tak wat 'n ginofoor genoem word. Hulle is tot 40 mm in deursnee; aanvanklik blinkgroen, ryp tot pienk of oranje. Die vrugte bevat baie sade wat in 'n pienkerige vleis ingebed is. Uitgedroogde, leeggemaakte vrugte kan vir 'n geruime tyd aan die plant hang.
Menslike gebruik Hierdie spesie het tradisionele medisinale en magiese gebruike in Afrika. Dit word onder meer gebruik as 'n middel vir diarree, swelling en waterretensie. Dit is 'n sierplant in tuine en kan vir verskansing gebruik word; wat dit geskik maak as 'n veiligheidsversperring vanweë die gehakte stekels. Die vrugte word soms deur mense geëet.
Ekologiese nut Verskeie soorte skoenlappers gebruik hierdie plant as 'n larwe-voedselplant, insluitend; Belenois gidica, Dixeia pigea, Eronia leda en Colotis evenina.Williams, M. (1994). Butterflies of Southern Africa; A Field Guide. . Wildsbokke vreet die blare en apies en bosvarke vreet die vrugte.
Verwysings
Kategorie:Capparis Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Benin Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Burkina Faso Kategorie:Flora van Burundi Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Eritrea Kategorie:Flora van Eswatini Kategorie:Flora van Ethiopië Kategorie:Flora van Gaboen Kategorie:Flora van Gambië Kategorie:Flora van Ghana Kategorie:Flora van Guinee Kategorie:Flora van Ivoorkus Kategorie:Flora van Jemen Kategorie:Flora van Kameroen Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mali Kategorie:Flora van Mauritanië Kategorie:Flora van Mauritius Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Niger Kategorie:Flora van Nigerië Kategorie:Flora van Rwanda Kategorie:Flora van die Sentraal-Afrikaanse Republiek Kategorie:Flora van Saoedi-Arabië Kategorie:Flora van Senegal Kategorie:Flora van Soedan Kategorie:Flora van Somalië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Tsjad Kategorie:Flora van Uganda Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe