Te Rata Mahuta (1877-1880? - 1 Oktober 1933) was die vierde koning van die Maori's. Hy het van 1912 tot 1933 regeer.
Biografie Te Rata was die oudste seun van die derde koning, Mahuta, en Te Marae, dogter van hoofman Amukete Te Kerei. Te Rata is iewers tussen 1877 en 1880 gebore. Hy het vier jonger broers gehad: Taipu, Tumate, Tonga en Te Rauangaanga. Hy het met Te Uranga getrou.
Te Rata het koning geword op 24 November 1912, sowat twee weke ná sy pa se dood, en het toe, soos dit die tradisie was, die naam "Pōtatau Te Wherowhero" aangeneem. Dit was die begin van 'n bewind van swak gesondheid en omstredenheid. As kind was Te Rata 'n chroniese invalide en het hy verskeie siektes gehad. Dit het sy vermoë as koning gekniehalter en hy moes dikwels ontmoetings met belangrike mense afstel.
Hy op 1 Oktober 1933 in Waahi oorlede en is deur sy oudste seun, Korokī, opgevolg.
Verwysings
Skakels
Kategorie:Sterftes in 1933 Kategorie:Maori-monarge