Nadine Gordimer (1923 – 2014) was 'n Suid-Afrikaanse skrywer van hoofsaaklik Engelse romans en toneelstukke. Sy wen die Booker-prys in 1974 en die Statebondprys in 2002. In 1991 wen sy die Nobelprys vir Letterkunde en word die eerste Suid-Afrikaner en eerste vrou in 25 jaar om die prys te wen.'Laaste roman voel soos 'n afsluiting', Beeld, 14 Julie 2014
Persoonlike lewe Gordimer is op 20 November 1923 in Springs, destyds in Transvaal, gebore. Haar pa, Isidore Gordimer, was van Joodse en Litouse afkoms en haar ma, Hannah "Nan" (Myers) Gordimer was van Londen en ook van Joodse afkoms. Sy begin van jongs af skryf en haar artikels is reeds op 15-jarige ouderdom gepubliseer in 1937, 'n kortverhaal.Nadine Gordimer, Guardian Unlimited (last visited 25 Januarie 2007). Op 16-jarige ouderdom, het sy haar eerste fiksie verhaal gepubliseer.Nadine Gordimer: A Sport of Nature, The Anisfield-Wolf Book Awards.
Gordimer het vir 'n jaar studeer by die Universiteit van die Witwatersrand. Sy het nie haar graad klaar gemaak nie, en Johannesburg toe getrek in 1948.
Sy sterf op 13 Julie 2014 op 90-jarige ouderdom in haar slaap by haar huis in Johannesburg.Nadine Gordimer oorlede, besoek op 14 Julie 2014 Oor haar lewe het sy 'n totaal van 15 romans, 12 bundels kortverhale en 'n hele aantal nie-fiksie geskryf. Haar boeke is in 40 tale wêreldwyd gepubliseer.
Publikasies Romans duimnael|links|upright|Foto van Nadine Gordimer 1953 The Lying Days 1958 A World of Strangers 1963 Occasion for Loving 1966 The Late Bourgeois World 1970 A Guest of Honour 1974 The Conservationist – gesamentlike wenner van die Booker-prys in 1974 1979 Burger's Daughter 1981 July's People 1987 A Sport of Nature 1990 My Son's Story 1994 None to Accompany Me 1998 The House Gun 2001 The Pickup 2005 Get a Life 2012 No Time Like the Present
Ander werke 1973 On the Mines 1986 Lifetimes Under Apartheid 1983 "Choosing for Justice: Allan Boesak" (dokumentêr met Hugo Cassirer) "Berlin and Johannesburg: The Wall and the Colour Bar" (dokumentêr met Hugo Cassirer)
Sien ook Hulle het ons eeu gevorm
Verwysings
Eksterne skakels
Kategorie:Suid-Afrikaanse dramaturge Kategorie:Suid-Afrikaanse Jode Kategorie:Suid-Afrikaanse Nobelpryswenners Kategorie:Suid-Afrikaanse skrywers Kategorie:Nobelprys vir Letterkunde wenners Kategorie:Geboortes in 1923 Kategorie:Sterftes in 2014