Kniphofia drepanophylla is 'n meerjarige plant wat tot die genus Kniphofia behoort. Die spesie is endemies aan die Oos-Kaap en KwaZulu-Natal en kom voor tussen die Lupatana- en Mtenturiviere. Daar is tien subpopulasies en die voorkomsgebied word geskat tussen 100 en 1400 km². Die plante binne die Mkambati Natuurreservaat word nie bedreig nie maar dié buite die reservaat word bedreig deur oorbeweiding, vertrapping en onbeheerde veldbrande.
Bronne REDLIST Sanbi Plants of the World Online
drepanophylla Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Endemiese plante van Suid-Afrika