Thomas Jacob Hilfiger ([hɪlˈfɪgər]; Elmyra, New York, VSA, 24 Maart 1951) is 'n Amerikaanse modeontwerper en die stigter van Tommy Hilfiger Corporation.

Tommy Hilfiger het reeds as hoërskoolleerling besluit om die mode van groot metropole toeganklik te maak vir kleiner gemeenskappe. Sy voorneme is in 1969 verwesenlik toe hy sy eie modewinkel The People's Place gevestig het. As outodidak het hy ontwerpersmodes bemark wat sy klante graag sou wou koop, maar wat nie in hul landelike omgewing beskikbaar was nie. Die sukses, wat hy met sy eerste besigheid behaal het, was groot genoeg om in 1979 na New York te verhuis en daar 'n loopbaan as modeontwerper te begin.Catwalk Yourself: Tommy Hilfiger biography. Besoek op 16 September 2020

Verwysings

Eksterne skakels Biografieë

Business of Fashion: Tommy Hilfiger

Kategorie:Modeontwerpers Kategorie:Geboortes in 1951 Kategorie:Lewende mense