thumb|300px|Die TRAPPIST-sterrewag.

TRAPPIST (vir Transiting Planets and Planetesimals Small Telescope) is twee Belgiese optiese robotteleskope. TRAPPIST-Suid is hoog in die Chileense berge geleë op die terrein van die Europese Suidelike Sterrewag se La Silla-sterrewag en TRAPPIST-Noord by die Oukaïmeden-sterrewag in die Atlasgebergte in Marokko. Eersgenoemde is in 2010 in werking gestel en laasgenoemde in 2016.

Beskrywing TRAPPIST word van Luik, België, beheer. Dit bestaan uit twee refleksieteleskope van 60 cm by La Silla in Chili en by die Oukaïmedensterrewag in Marokko.

Die teleskope is 'n gesamentlike projek van die Universiteit van Luik in België en die Genève-sterrewag in Switserland. Dit spesialiseer in die soektog na komete en eksoplanete.

Waarnemings In November 2010 was dit een van die min teleskope wat 'n verduistering deur die dwergplaneet Eris waargeneem het. Dit het onthul dat dit baie kleiner as Pluto kon wees. Dit het ook 'n sterverduistering deur Makamake help waarneem. Die dwergplaneet het voor die ster NOMAD 1181-0235723 verbybeweeg. Dit het getoon die liggaam het nie veel van 'n atmosfeer nie.

'n Span sterrekundiges onder Michaël Gillon van die Universiteit van Luik het die teleskoop gebruik om die ultrakoel dwergster 2MASS J23062928-0502285, nou ook bekend as , waar te neem. Hulle het ook sewe aardplanete om die ster waargeneem, waarvan minstens drie so groot soos die Aarde is. Die span het hulle bevindings in die Mei 2016-uitgawe van die tydskrif Nature gepubliseer.

Verwysings

Skakels

Kategorie:Europese Suidelike Sterrewag Kategorie:Sterrewagte