Die geelperskereën is ‘n sagte aanhoudende reën wat soms met stortbuie gepaardgaan. Dit val af en toe nog in die laat somer, d.w.s. van Februarie tot April, in die noordelike dele van die land. Gewoonlik het die reën dan al begin afneem.

Hierdie is ook juis die tyd wanneer die laaste outydse geelperskes van die seisoen ryp word en hulle gereed gemaak moet word om op stellasies te staan om in die son tot droëperskes omskep te word as kos vir die wintermaande. Dus belemmer die geelperskereën die bewerking van die perskes.

Anton Goosen se liedjie Geelperskereën het hierdie natuurverskynsel aan die vergetelheid ontruk.

Bibliografie https://gesellig.co.za/t/28360-Geelperskere%C3%ABn/