Die Nederlandse nasionale vrouerugbyspan (Nederlands: Nederlands dames nationale rugbyteam) is die nasionale vrouerugbyspan wat Nederland in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Rugby word in Nederland geadministreer deur Rugby Nederland (RN) wat in 1932 gestig is. Die Nederlandse vrouerugbyspan is tans (Junie 2025) 15de op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.
Nederland het sy eerste toetswedstryd in 1982 gespeel, toe hulle in die eerste internasionale vrouerugbywedstryd tuis in Utrecht deur Frankryk geklop is. Nederland het tot dusver aan drie vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem en tydens die 1991-toernooi met die sewende plek sy beste prestasie behaal. Hulle het tydens die Europese Vrouerugbykampioenskap een titel ingepalm, ses keer as naaswenner en vyf keer in die derde plek geëindig. Die Nederlandse span speel tradisioneel in oranje truie met blou broeke en oranje sokkies.
Beheerliggaam
Die beheerliggaam vir rugby in Nederland is Rugby Nederland (RN), tot in 2014 die Nederlandse Rugbybond (Nederlandse Rugby Bond, NRB) genoem. Die NRB is in 1932 gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit. Daarbenewens was die Nederlandse beheerliggaam in 1934 ’n stigtingslid van die kontinentale beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa).
Geskiedenis duimnael|Nederland teen Samoa tydens die Vrouerugbywêreldbeker 2014-kwalifisering Nederland het op 13 Junie 1982 in die heel eerste toetswedstryd teen Frankryk in Utrecht gespeel. Die Franse het met 4–0 geseëvier.
Nederland het sy debuut gemaak tydens die heel eerste Vrouerugbywêreldbeker 1991. Hulle het die sewende plek onder twaalf deelnemende spanne behaal. Hulle was die gasvroue van die Vrouerugbywêreldbeker 1998 en kon ook vir die Vrouerugbywêreldbeker 2002 kwalifiseer, waar hulle onderskeidelik die 13de en 15de plek behaal het.
In die onlangse dekades het vrouerugby in Nederland toegeneem in gewildheid. Die regstreekse beeldsending van die Vrouerugbywêreldbeker 2015 op Nederlandse televisie het ook daartoe bygedra.
Op 16 Maart 2024 het die Nederlanders die WXV 3 2024-uitspeelwedstryd gewen teen Colombia wat die eerste WXV 3 2023 in die laaste plek afgesluit het. Nederland was die beste geplaaste span op Wêreldrugby se ranglys wat nie aan die eerste toernooi deelgeneem het nie en hulle is die moontlikheid gegun om vir ’n plek in die toernooi te speel.
Trui en kenteken Nederland speel tradisioneel in ’n oranje trui met blou broeke en oranje sokkies. Hul alternatiewe trui is donkerblou met donkerblou broeke en oranje sokkies.
Rugby Nederland se kenteken toon ’n rugbybal daargestel as ’n tulp in Oranje met die belettering Rugby Nederland regs aan.
Tuisstadion Nederland se tuisstadion is die Nasionale Rugbysentrum Amsterdam met ’n kapasiteit van 5 000. Dit is in 1997 geopen en huisves ook die setel van die beheerliggaam Rugby Nederland.
Rugbywêreldbekerstadions
Nederland het die Vrouerugbywêreldbeker 1998 aangebied. Al die wedstryde is op die Nasionale Rugbysentrum in Amsterdam gehou.
Toetswedstryde Nederland het 116 van sy 258 toetswedstryde gewen, ’n wenrekord van 51,08%. Nederland se statistieke in toetswedstryde teen alle lande, in alfabetiese volgorde, is soos volg (korrek teen Junie 2025):
Opponent Gespeel Gewen Verloor Gelykop % Gewen 2 1 1 0 50,00 8 8 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 17 16 1 0 94,12 4 0 4 0 0,00 1 1 0 0 100,00 12 1 11 0 8,33 3 1 2 0 33,33 3 0 3 0 0,00 8 2 6 0 25,00 2 1 1 0 50,00 1 0 1 0 0,00 2 0 2 0 0,00 1 1 0 0 100,00 1 0 1 0 0,00 2 2 0 0 100,00 2 2 0 0 100,00 4 3 1 0 75,00 1 0 1 0 0,00 6 1 5 0 16,67 2 2 0 0 100,00 20 17 3 0 85,00 1 1 0 0 100,00 7 0 7 0 0,00 2 0 2 0 0,00 3 0 3 0 0,00 5 3 2 0 60,00Algeheel 139 71 68 0 51,08
Rekords Wêreldbekerrekord Nederland het tot dusver aan drie vrouerugbywêreldbekertoernooie deelgeneem. Hul beste prestasie was die sewende plek tydens die 1991-toernooi.
Jaar Uitslag 1991 Sewende plek 1994 Nie deelgeneem nie 1998 13de plek 2002 15de plek 2006 Nie deelgeneem nie 2010 Nie gekwalifiseer nie 2014 Nie gekwalifiseer nie 2017 Nie gekwalifiseer nie 2021 Nie gekwalifiseer nie 2025 Nie gekwalifiseer nie 2029 2033
Europese Vrouerugbykampioenskap Nederland neem aan die Europese Vrouerugbykampioenskap deel. Hulle het sedertdien een toernooi beklink.
Titeloorwinning (1): 2014
Spelers Huidige span Die volgende spelers het die Nederlandse span gevorm tydens die WXV 2 2024:
+ Agterspelers Speler Posisie Klub Toetswedstryde Marit Lemmens Skrumskakel klubloos 8 Esmee Ligtvoet Skrumskakel klubloos 8 Jet Metz Losskakel klubloos 5 Linneke Gevers Senter klubloos 2 Pien Selbeck Senter klubloos 13 Isa Spoler Senter klubloos 4 Emma van Traa Senter The Vets 1 Jara Bunnik Vleuel klubloos 2 Noah Demba Vleuel klubloos 0 Lisa Egberts Vleuel klubloos 0 Senne Hoog Vleuel klubloos 4 Kika Mulling Vleuel klubloos 3 Gwen van der Schoot Vleuel RC Delft 0 Gaya van Nifterik Vleuel klubloos 5 Pleuni Kievit Heelagter klubloos 4 Lieve Stallmann Heelagter klubloos 10+ Voorspelers Speler Posisie Klub Toetswedstryde Anoushka Beukers Haker Dames Bredase RC 8 Anouk Veerkamp Haker Hartpury University 7 Sydney de Weijer Stut Amsterdamse Atletiek Club 7 Nicky Dix Stut klubloos 14 Brechtje Karst Stut klubloos 5 Julia Morauw Stut klubloos 7 Mhina de Vos Slot klubloos 8 Inger Jongerius Slot klubloos 12 Anniek Nauta Slot klubloos 7 Isa Prins Slot klubloos 7 Elisabeth Boot Losvoorspeler klubloos 5 Mariet Luijken Losvoorspeler klubloos 7 Morgane ter Cock Losvoorspeler klubloos 1 Linde van der Velden 15px|Kaptein Losvoorspeler Exeter Chiefs 14
Bekende spelers Tot dusver is nog geen Nederlandse speler in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem nie.
Sien ook
Nederlandse nasionale rugbyspan Nederlandse nasionale vrouekrieketspan
Verwysings
Eksterne skakels
Amptelike webwerf van Rugby Nederland Nederland by Wêreldrugby
Kategorie:Nasionale vrouerugbyspanne Kategorie:Rugby in Nederland