52246 Donaldjohanson (voorlopige naam ) is 'n koolstofhoudende asteroïed van die binnestreke van die asteroïedgordel. Dit is sowat 8 km lank en 3,5 km by sy breedste punt. Dit is op 2 Maart 1981 by die Siding Spring-sterrewag in Australië ontdek deur die sterrekundige Schelte Bus. Die C-tipe asteroïed was die tweede teiken van die ruimtetuig Lucy, met die tuig wat op 20 April 2025 sowat 960 km van die oppervlak af verbygevlieg het. Dit het onthul die asteroïed is 'n kontakdubbelvoorwerp. Dit is genoem na die Amerikaanse paleoantropoloog Donald Johanson, die ontdekker van die Australopithecus-fossiel Lucy.

250px|thumb|links|'n Animasie van Lucy se baan om die Son. Wentelbaan en klassifikasie Donaldjohanson is lid van die Erigone-familie, 'n groot, koolstofhoudende familie asteroïede van nagenoeg 2 000 bekende lede wat genoem is na die moederliggaam, 163 Erigone. Dit is 'n relatief ou familie wat geskep is deur 'n asteroïedbotsing sowat 150 miljoen jaar gelede. Dus is Donaldjohanson waarskynlik net so oud.

Dit wentel in die binneste asteroïedgordel om die Son, op 'n afstand van sowat 1,9-2,8 AE, een keer elke drie jaar en agt maande (1 345 dae; halwe lengteas van 2,38 AE). Sy wentelbaan het 'n eksentrisiteit van 0,19 en 'n baanhelling van 4° met betrekking tot die sonnebaan.

Fisiese eienskappe 250px|links|thumb|'n Fotoreeks, geneem deur Lucy.

Donaldjohanson word gekarakteriseer as 'n kooolstofhoudende C-tipe asteroïed, nes die ander lede van die Erigone-familie. Dit het 'n absolute magnitude van 15,5.

Ligkurwe Fotometriese waarnemings van Donaldjohanson in Augustus 2020 het onthul dit roteer stadig met 'n buitengewone hoë ligkurwe-amplitude van 1,0 tot 1,7 magnitude. Die ligkurwe dui daarop dat Donaldjohanson óf 'n baie lang voorwerp óf 'n kontakdubbelvoorwerp is. Sy rotasieperiode is sowat 252 uur.

Deursnee en albedo Volgens die opname deur Nasa se Wide-field Infrared Survey Explorer is Donaldjohanson 3,895 km breed en sy oppervlak het 'n albedo van 0,103. Die ruimtetuig Lucy het bereken die asteroïed is baie groter as wat voorspel is: sowat 8 km lank en 3,5 km by sy breedste punt.

Verkenning Donaldjohanson is op 16 Oktober 2021 deur die ruimtetuig Lucy besoek. Met die verbyvlug op 20 April 2025 was die naaste afstand van die asteroïed af 960 km, teen 'n relatiewe snelheid van 13,4 km/s.

Naam Die ruimtetuig Lucy is genoem na die Australopithecus Lucy en die asteroïed na Donald Johanson (gebore 1943), die mede-ontdekker van die fossiel. Die goedgekeurde naam is op 25 Desemebr 2015 deur die Kleinplaneetsentrum gepubliseer.

Verwysings

Skakels Dictionary of Minor Planet Names, Google books Discovery Circumstances: Numbered Minor Planets (50001)-(55000) – Kleinplaneetsentrum

Kategorie:Asteroïede